Bietjiebos
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19de Laan 762, Rietfontein, Pretoria, 0084, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R435 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bietjiebos is 'n klein stukkie Bosveld in Rietfontein, Pretoria, en bied netjiese verblyf op 'n groot erf met baie bome. Dit is ideaal vir sakereisigers, akademiese of hospitaalbesoekers, of vir reisigers as 'n oornagstop. Kunstenaars en skrywers wat op soek is na rustigheid sal ook mal wees oor Bietjiebos.
Bietjiebos spog met 2 woonstelle wat tot 4 gaste in totaal kan akkommodeer.
Die Karee-woonstel bestaan uit 2 vertrekke. Dit het 2 enkelbeddens, 'n stort en ingeboude kas in die slaapkamer. 'n Aparte toilet met 'n wasbak is reg langs die sitkamer. Daar is ook 'n kombuishoekie wat met basiese selfsorggeriewe, insluitend 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is. Karee is ideaal vir mense wat effens langer wil bly en wat vir hulself wil kook. Reëlings kan op versoek getref word om kinders te akkommodeer.
Die Koraal-woonstel is 'n enkelvertrek-gebou met 'n dubbelbed en 'n afsonderlike stort, toilet en wasbak. Daar is 'n klein kombuishoekie wat met 'n yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is.
Albei woonstelle het private stoepies waar gaste kan rook en die bome en voëllewe kan bewonder. Dit is ook moontlik om by albei te braai. Gaste het gratis toegang tot WiFi en DStv gedurende hul verblyf en daar is veilige parkeerplek. Handdoeke word ook verskaf. Daar is 2 oorvriendelike honde ook op die werf.
Bietjiebos is naby 4 groot hospitale, insluitend Steve Biko, Eugene Marais en die Moot-hospitaal, asook die Gehoorinstituut en Huis Herfsblaar-aftreeoord. Bietjiebos is maklik bereikbaar vanaf die N1, Universiteit van Pretoria, die WNNR, Loftus Versveld en die Nasionale Botaniese Tuine.
Die Hatfield Gautrain-stasie, ambassades en konsulate is net 15 minute se ry ver.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 19de Laan 762, Rietfontein, Pretoria, 0084, Gauteng
- Gaste dink Bietjiebos het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Rietfontein Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19de Laan 762, Rietfontein, Pretoria, 0084, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom