Sabie Akkommodasie by BietjieSlaap | LekkeSlaap
+35

BietjieSlaap

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

BietjieSlaap is in Sabie, in die Panorama Laeveld-omgewing en bied sakpas-verblyf aan natuurliefhebbers, fietsry-entoesiaste, avontuurlustiges, vriende en familie. Die huis dateer uit die 1920's in die oudste woonbuurt van die dorp.

Daar is 2 eenhede wat afsonderlik of gesamentlik bespreek kan word. BietjieSlaap het 'n dubbelbed, klerekas, 'n sitarea en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Handdoeke en linne word voorsien. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, tee, koffie, suiker, ens. Let asb daarop dat dit nie volledige toegerus is vir selfsorg nie. Skottelgoed word deur die eienaars gewas. Alle basiese breekware en eetgerei is beskikbaar. Die eenheid het 'n privaat ingang en WiFi is beskikbaar. Daar is 'n TV met 17 Openview-kanale.

Kleinbietjieslaap is 'n knus eenheid en het 'n dubbelbed, ideaal vir paartjies of tieners terwyl die ouers in Bietjieslaap vertoef. Die eenheid het 'n stort, toilet en wasbak in die kamer. Handdoeke en linne word voorsien. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, tee, koffie, suiker, ens. Let asb daarop dat dit nie volledige toegerus is vir selfsorg nie. Skottelgoed word deur die eienaars gewas. Alle basiese breekware en eetgerei is beskikbaar. Die eenheid het 'n privaat ingang en WiFi is beskikbaar. Daar is 'n TV met 17 Openview-kanale.

Daar is 'n braai buite, 'n alarmstelsel, sekuriteit en onderdakparkeerplek. Rook in die eenhede is verbode. Troeteldiere sal oorweeg word, afhangende van grootte. 'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar en basiese skoonmaakmiddels word voorsien.

BietjieSlaap is 80 m vanaf Sabie met talle eetplekke, banke en winkels. Daar is 'n Spar af in die straat. Die perseel is sentraal tot al die besienswaardighede in die area en slegs 56 km vanaf die Krugerwildtuin, ideaal vir daguitstappies. Doendinge in Sabie sluit voetslaan-, stap- en 4x4-roetes, riviervlotvaart, besienswaardighede soos die Bosboubedryf Museum, die Lone Creek-waterval en die Sabie Brouery in. Die Graskop Gorge Lift en die Misty Mountain togobbanbaan is albei net 26 km vanaf BietjieSlaap.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 40 resensies vir BietjieSlaap
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • 3de Laan 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink BietjieSlaap het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYwMjFlN2NmLWVjYTgtNGI5My1hMzJlLTYwNzk4OGQ4MTc0Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (vir 2 persone) 40 5 1 5 30 3rd Avenue Sabie 1260 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.100478924012 30.781820028906
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za