Big Bay Beach
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Big Bay Beach Club 171, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R3 750 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Big Bay Beach is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel langs die strand, net 'n entjie se stap vanaf die see in Bloubergstrand. Hierdie verblyf is ideaal vir gesinne of klein groepies en bied maklike toegang tot die ongerepte Big Bay Beach, bekend vir sy watersport en asemrowende uitsigte op Tafelberg. Gaste kan aandete en inkopies by die nabygeleë Big Bay Eden Winkelsentrum geniet.
Hierdie opgeknapte woonstel met 2 slaapkamers en 1 badkamer bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n wasmasjien en skottelgoedwasser toegerus. Dit lei na die sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met toegang tot Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat balkon met 'n gasbraai. Die kompleks het ook 'n swembad, putt-putt-baan, muurbalbaan, tennisbane en 'n gemeenskaplike braai-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet met bidet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Daniella Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 25
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Big Bay Beach Club 171, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Big Bay Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Big Bay Beach Club 171, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang