Birches and Willows

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Birches and Willows is in 'n stil hoekie van die uKhahlamba-Drakensberg Wêrelderfenispark geleë met die Umzimkulurivier-waterval aan die een kant en blou berge aan die anderkant. Ons bied 2 lieflike kothuise en albei kombineer 'n luukse en plattelandse leefstyl. Daar is 'n rits buitemuurse en onafhanklike doendinge.

The Birches Cottage het gerieflike slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Die kothuis het 1 ekstra lang koninggrootte-bed en 1 koningingrootte-slaapbank. Al die beddens het perkallinne en donsveer-duvets. Die volledige badkamer het 'n stort, bad en dubbelwasbakke. Die kombuisie het 'n yskas, vierplaatstoof met 'n uitsuigwaaier, mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Knus kaggel, paneelverwarmers en elektriese komberse word voorsien om jou warm te hou gedurende die yskoue wintersnagte in Underberg. Die vloer is bedek met matte. Daar is 'n TV met plaaslike kanale vir gaste se vermaak.

The Willows B&B-kothuis is ideaal vir 2 volwassenes wat korttermynverblyf soek. Dit beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die kamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat opgemaak is met perkallinne en donsveer-duvets. Die badkamer beskik oor 'n bad, stort, wasbakeenheid en ondervloerse verhitting. Gaste kan gebruik maak van die yskassie, mikrogolf en werksruimte waar jy drankies kan voorberei. Daar is 'n TV om gaste te vermaak.

Albei kothuise is in 'n privaat tuin met 'n grasperk geleë en is omring deur pragtige bome. Gaste het toegang tot 'n buitebraai en eetarea langs die dammetjie, rusbanke op die stoep waar jy smiddae en saans kan ontspan en 'n kruietuin. Die kothuise word albei daagliks skoongemaak. Daar is 'n wasgoeddiens en droogskoonmaakdiens in die dorp. Selfsorg- en B&B-verblyf is beskikbaar.

Die kothuise is op 'n pragtige 6 hektaar-landgoed, 4 km buite Underberg geleë en gaste word aangemoedig om van al die geriewe wat beskikbaar is gebruik te maak. Daar is 2 km-lange voetpaaie wat die hoeke van die landgoed verbind en verskeie dekke wat pragtige uitsigte op die omliggende berge en die Umzimkulu-rivier bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Birches And Willows gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za