Bird Hill Studio
Beskrywing
Bird Hill Studio is 'n selfsorgwoonstel wat op die eienaar se perseel in Langebaan geleë is. Dié ateljee-eenheid is ideaal vir 'n paartjie of 'n individu wat op soek is na 'n gemaklike oornagplekkie na aan verskeie besienswaardighede in die Weskus. Die Weskus Nasionale Park en Shark Bay is 2 minute weg en 5 minute van die strand. Dit is ideaal vir vlieërbranderryers.
Dié woonstel het sy eie ingang en bestaan uit 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer wat met 'n stort, wasbak en 'n toilet ingerig is. Daar is ook 'n kombuisie wat met basiese toebehore toegerus is onder meer 'n yskassie, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster.
Ander geriewe in die woonstel sluit 'n TV met DStv en gratis WiFi in. Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar. Bird Hill Studio is 'n paar minute se ry vanaf sentraal Langebaan en na aan verskeie restaurante en winkels. Die eiendom is ook net 15 minute vanaf Club Mykonos.
Slaapplek
'n Bespreking by Bird Hill Studio sluit in:
Kenmerke
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Vermaak
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Bird Hill Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |