LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bishops Cove | LekkeSlaap
+23

Bishops Cove

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 20 Okt 2020 tot 30 Apr 2021.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bishops Cove, Tsitsikamma, 6303, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R960 R864 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Bishops Cove is in een van die mees unieke kusgebiede in Tsitsikamma geleë en grens aan die inheemse woud en 'n ongerepte en ruwe kuslyn met sy eie privaat strandjie. Gaste sê gereeld dit voel asof hulle die gewilde Tsitsikamma Otterwandelpad vir hulself het.

Bishops Cove, wat op 'n kleinhoewe geleë is, bestaan uit 2 ruim ontwerperselfsorg-eenhede wat slaapplek vir klein of groot groepe van 13 bied. Die eenhede is prakties en baie gerieflik ingerig, en verblyf is vir 'n selfsorgvakansie ontwerp en toegerus.

Die lodge bied 4 slaapkamers en 4 badkamers waarvan twee en suite is. Daar is 'n groot oopplan-leefarea met 'n ruim goed toegeruste kombuis. Die leefarea maak aan drie kante oop en lei na 'n beskutte stoep met dramatiese uitsigte oor die see en woud.

Die Sunbird Cottage kan apart van die lodge gehuur word. Die kothuis het 2 ruim en suite-slaapkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n goed toegeruste kombuis wat na 'n groot beskutte dek met pragtige uitsigte lei. 'n Ekstra bed kan voorsien word om 'n vyfde persoon te akkommodeer.

Volledige DStv is beskikbaar en albei eenhede kan op versoek in die week teen 'n ekstra fooi skoongemaak word. Braai- en wasgoedgeriewe is ook beskikbaar. Die bestuurder en bestuurderes op die perseel sal gaste verwelkom en oor al die plekke van belang en doendinge in die area inlig.

Gaste kan bloot ontspan en die pragtige natuurlike omgewing en rustigheid geniet, of hulle kan 'n aksiebelaaide buitelug-avontuur geniet. Dolfyne word byna daagliks gesien en walvisse is in oorvloed in die wintermaande. Bergfietsryers kan die stil grondpaaie verken en langs damme, velde en plantasies ry. Die area is baie veilig met geen sekuriteitsbekommernisse nie.

Daar is 'n aantal staproetes om van te kies met gemakliker roetes wat toelaat dat jy die pragtige oseaan- en berguitsigte geniet. Ander roetes sal jou na die woud of al langs die ruwe en ongerepte kus neem waar daar 'n goeie kans is om die inwonende Kaapse groototters en skaars Oestervangers te sien. Ander wild sluit bosbokke, steenbokke, aardvarke, klipdassies, apies, ystervarke, bosvarke, rooikatte en muskeljaatkatte in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 21 resensies vir Bishops Cove
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Bishops Cove, Tsitsikamma, 6303, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bishops Cove het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Oos-Kaap
was R960
Vanaf R864
per nag (vir 2 persone)
was R960
Vanaf R864
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bishops Cove, Tsitsikamma, 6303, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRmMDMyMTk1LWE4YTEtNDc1YS05NGQwLTI0NWRjYzE3NjM1OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R960, nou Vanaf R864  per nag (vir 2 persone) 21 5 1 5 Bishops Cove Tsitsikamma 6303 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.09032745761 24.294424653054
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!