LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blaize & Golf | LekkeSlaap
+28

Blaize & Golf

2 resensies
Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vanaf 27 Sep 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maranaterylaan 24, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 R1 260 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Blaize & Golf bied selfsorgverblyf op die Mosselbaai Gholflandgoed. Dié landgoed spog met 72 putjies en 'n see-uitsig by elke afslaanpunt.

Gaste kan op die landgoed ontspan, die klubhuis besoek, 'n potjie gholf speel of die wêreld beroemde St. Blaize-roete, al langs die kus, stap. Die landgoed is enige natuurliefhebber se droom, met al die voëllewe, klein bokkies, fynbos, die natuurreservaat, die klanke van die Indiese Oseaan en die pragtige sonsondergange. Die hoë sekuriteit verskaf ook gemoedsrus.

Dié woonstel is apart van die hoofhuis en het sy eie privaat ingang en tuinarea. 'n See-uitsig en ligte area skep 'n lekker atmosfeer. Die ruim woonstel het luukse afwerkings en dekor en bied slaapplek aan tot 4 gaste. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n spieëltafel en 'n sitarea. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n etenstafel met sitplek vir 4, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolf, ketel, yskas en 'n klein skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n binnebraai. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv. WiFi word voorsien en daar is veilige parkeerplek.

Die landgoed het 5 gemeenskaplike swembaddens en braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Blaize & Golf sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Blaize & Golf
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Maranaterylaan 24, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blaize & Golf het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 400
Vanaf R1 260
per nag (vir 4 persone)
was R1 400
Vanaf R1 260
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maranaterylaan 24, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA021f0b9db6436cdf6bc17ec5587bc78897d4c6864529009da6e44c49da2a4b387745b0213c7396c133d83ec1b559f0c8cc88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 400, nou Vanaf R1 260  per nag (vir 4 persone) 2 5 1 5 24 Maranata Drive Mossel Bay Golf Estate 6506 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -34.19427 22.129215
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!