Blesberg Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blesberg is 'n prentjiemooi beesplaas in die KwaZulu-Natalse Middellande. Dis enige natuurliefhebber se droom en is in die Lidgettonvallei slegs 10 km vanaf die R103 geleë.

Daar is 7 selfsorgkothuise met 'n ongekunstelde voorkoms. Jy sal moet kom kuier om die ware skoonheid van die Middellande te sien, soos die kleure elke seisoen verander. Dis die perfekte plek om te kom ontspan of aan een van die ander doendinge op die plaas deel te neem, soos swem in die dam, roei in 'n bootjie, voëlkyk en bergfietsry (bring jou eie fiets).

Gaste kan ook die plaaslewe geniet, luister hoe die jakkals roep, verskillende wildsoorte soek, soos duiker, bosbokke, blesbokke, rietbokke, oribie, waterbokke, hase, muskeljaatkatte, meetkatte, ystervarke, rooijakkalse en otters. Gaste kan die wilde diere aanskou wanneer hulle in die oggend of net voor die son sak gaan stap.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blesberg Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za