Blesfontein Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blesfontein Guest Farm is net 28 km van Sutherland af bo op die platorand van die Roggeveldberge. Die gasteplaas bied verblyf in 10 unieke selfsorg-eenhede wat eens ou geboue op die plaas was. Blesfontein Guest Farm bied saal-safari's, wildritte, 'n plaasdam om in te swem, soms sneeu in die winter en blomme soos Namakwaland in die lente.

Die klipeenhede is almal baie basies, maar bied die nodige geriewe vir selfsorg. Van die eenhede het gemeenskaplike kombuise. Elke eenheid het sy eie badkamer en die meeste van hulle het kaggels of 'n braaiplek buite. Ons het die eenhede volgens individuele reisigers se behoeftes aangepas. Aangesien daar reeds diere op die perseel is, is ons ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie.

Aandetes en ontbyt kan vooraf gereël word. Snags kan gaste gaan sterrekyk in ons armatuur-sterrewag. Bedags kan jy die plaas vrylik verken en geniet. Bring jou eie 4x4 of huur ons s'n vir 'n rit na die uitkykpunt op die platorand. Só kan jy blesbokke, sebras, springbokke, grysribbokke, steenbokke en swartwildebeeste sien, om nie eers te praat van die meerkatfamilie, die skilpaaie, die muishonde en verskeie voëlspesies nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blesfontein Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false