Bleshoender Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bleshoender Akkommodasie is 'n selfsorg-eenheid wat in Sedgefield, in die hartjie van die Tuinroete, geleë is. Dit is 25 km van Knysna af, en 35 km vanaf George. Dit is die ideale beginpunt vanwaar die Tuinroete verken kan word.

Gerieflike verblyf word vir 2 tot 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders in 'n woonstelletjie onder die privaat hoofhuis aangebied. Die kamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n bababedjie is op versoek beskikbaar en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Gaste moet hulle eie beddegoed, kussingslope en strandhanddoeke saambring. Badhanddoeke, kussings en komberse word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, braaipan, broodrooster, toebroodjierooster en 'n tweeplaatstofie en oondjie. Die badkamer het 'n groot stort, Daar is nie WiFi nie, maar daar is 'n TV met 'n volledige DStv-pakket.

Daar is ook braaigeriewe buite voor woonstel. Bleshoender voorsien parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis wanneer dit beskikbaar is. Ongelukkig is daar geen parkeerplek vir sleepwaens, bote of karavane nie.

Bleshoender is in die pragtige dorpie Sedgefield geleë en beskik oor uitstekende uitsigte, 'n stil atmosfeer en 'n hele klomp voëlspesies. Dit is net 'n paar minute se ry van Knysna af en minder as 2 km van 'n pragtige strande, die strandmeer en winkels af.

Stormsrivier, met die hoogste reksprong-brug in die wêreld, is net 110 km ver. Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Hartenbos, en Mosselbaai is minder as 'n uur se ry hiervandaan.

Oor die naweek is die gewilde Wild Oats-, Mosaic-, en Scarab-markte oop en besoekers reis van oraloor om elke Saterdag dié markte by te woon.

Slaapplek

'n Bespreking by Bleshoender Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelslaapbank
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  WiFi

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bleshoender Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false