Blinkwater
Beskrywing
Blinkwater is 'n ruim, goed toegeruste woonstel met 2 slaapkamers en op seefront. Albei slaapkamers is aan die seekant en het pragtige, onbelemmerde see-uitsigte sodat gaste net lekker kan ontspan. Die Blinkwater-woonstel is op die onderste verdieping en front na die see en word altyd as geheel verhuur en nooit aan verskillende gaste nie. Gaste se privaatheid word dus verseker.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste. 'n Skuifdeur lei na 'n klein, privaat binnehof en tuintjie met grasperk waar kinders kan speel en gaste die buitelug kan geniet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, ‘n uittrekbed en gerieflike meubels. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is beide 'n bad en stort in die badkamer. Die woonkamer het 'n etenstafel, stoele, gemakstoele, DStv (prime-programkeuse) en 'n CD-speler/radio. Die kombuis is toegerus met 'n dubbeldeur-yskas, elektriese braaipan, 'n mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe en die nodige breekware en messegoed..
Die braai-area is lekker beskut teen die wind en reën. Daar is 'n etenstafel met stoele en is ideaal vir al fresco-etes en lekker lang kuiers..
Kleinmond is in die buffersone van die eerste UNESCO Biosfeer-reservaat in Suid-Afrika. Blinkwater is teen die rotskus langs die see, omring deur hoë berge wat met fynbos bedek is.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
- Videospeler
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Blinkwater gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |