Blinkwater Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Blinkwater is 'n ruim, luukse en moderne villa geleë in een van Kaapstad se mees gesogte woonbuurte, slegs 'n paar minute se stap vanaf Kampsbaai se hoofstrand, restaurante en winkels af. Hierdie argitek-ontwerpte huis het 'n ongelooflike uitsig oor die baai, Leeukop en die Twaalf Apostels, en is in 'n rustige, groen omgewing geleë - die beste van albei wêrelde.

Die villa het 4 dubbelslaapkamers en slaapplek vir 8 gaste. Alle kamers is en suite met individuele satelliet-televisie en onbeperkte WiFi. Kamers lei na die terrasse met inheemse plante by. Spesiale aandag aan puik linne en blindings waarborg luukse en gerieflike verblyf. Die onderste slaapkamers het ondervloerse verhitting en die slaapkamers op die tweede verdieping het lugversorging.

Die groot ontspanningsarea lei na 'n stoep met 'n groot swembad uit. Die moderne kombuis is toegerus met luukse toestelle, insluitend 'n ingeboude Siemens-koffiemasjien. Blinkwater Villa se groot leefarea en kombuis het ondervloerse verhitting. Die oopplan-kombuis het lugversorging met 'n hitteverstelling en dit lei na die sitkamer.

Die villa het ook veilige motorhuisparkeerplek vir 4 motors met direkte toegang tot villa. Dit word 6 dae 'n week skoongemaak en 'n privaat sjef kan op versoek gereël word.

Blinkwater het 'n streng nie-rookbeleid - rook is verbode in die villa se bedekte leefareas en kamers, maar jy is welkom om te rook op die groot stoep buite. Die villa is geskik vir gesinne met kinders, maar die onbedekte swembad en oop trappe beteken 'n ogie moet oor die jongspan gehou word. Geen troeteldiere word toegelaat in die villa nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Blinkwater Villa sluit in:

-

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blinkwater Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R13 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]