Blommekloof Country Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blommekloof Plaas is 'n 16 hektaar-plaas wat in 'n klein gehuggie met die naam Leeukloof in die Ruiterbos-distrik geleë is. Dit is aan Mosselbaai se kant van die Outeniekwaberge en op die Robinsonpas, naby die R328 geleë. Die plaas is heeltemal "off the grid" en ons vra dat gaste elektrisiteit en water spaarsamig gebruik.

Ons het 2 privaat selfsorgkothuise. Albei kothuise is ten volle omhein is, so dis perfek vir kinders en troeteldiere. Die kothuise se kombuise is albei volledig toegerus en linne en handdoeke word voorsien. Daar is nie TV's nie, maar daar is WiFi by die hoofhuis. Daar is braai-areas met hout wat gaste kan gebruik. Ons beveel aan dat jy jou eie kruideniersware saambring. Die naaste winkel is 8 km van die plaas af met basiese kruideniersware (Ruiterbos se plaaswinkel).

Daar is 'n lieflike speelarea vir kinders met 'n klimraam en swaaie langs die skaapkraal. Honde is meer as welkom indien hulle in die privaat tuine van die kothuise is of op 'n leiband is wanneer gaste op die plaas rondloop, want daar is koeie, skape, ganse, hoenders en tarentale met kuikens op die plaas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blommekloof Country Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false