Bloomestate Swellendam

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bloomestate dié wegbreekplek vir liefhebbers van styl, moderne ontwerp, 'n pragtige omgewing en die fyner dinge in die lewe. Dit is perfek geleë in die middel van die Tuinroete in die Wes-Kaap, net 2 ure se ry van Kaapstad af. 'n Hoë vlak van individuele diens en privaatheid word hier gehandhaaf.

Die 7 helder gastekamers is versier in temas en kleure wat met die seisoene en elemente ooreenstem en word gekomplimenteer met elegante meubels, tegnologies gevorderde fasiliteite (DVD, iPod-koppelstasie musiekstasies, koordlose LAN/internetkonneksie) en gerieflike en suite-badkamers met 'n aparte bad en instapstort. Al die kamers is ruim en is toegerus met al die luukse fasiliteite wat reisigers deesdae vereis.

Franse deure lei na privaatstoepe met puik uitsigte oor die pragtige tuine, rustige dam, verhitte soutwaterswembad en Langeberge. Die buitelug-Jacuzzi op die dek langs die dam met waterlelies en volop voëllewe is 'n groot gunsteling onder ons besoekers.

Daar is ook 'n aparte sitkamer in 'n toegeboude terras waar gaste lekker kan ontspan. Geniet die biblioteek met boeke en musiek en geniet 'n stylvolle nagsopie in die byderwetse kroeg. Bederf jouself met gesondheids- of skoonheidsterapie. 'n Heerlike ontbyt word in die hoofgebou bedien. Aandete kan genuttig word in een van die nabygeleë restaurante en borde met peuselhappies is ook beskikbaar op versoek.

Verken Robertson se wynplase, gaan kyk vir die walvisse, besoek Kaap Agulhas, De Hoop en Marloth-natuurreservaat. Doendinge vir buitelugliefhebbers: staproetes, gholf, bergfietsritte, perdry, vlotvaarte op die Breederivier, en vlugte met 'n privaat- of mikrovliegtuig.

Kom ontspan in hierdie sjiek, kleurvolle toevlugsoord.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bloomestate Swellendam gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false