LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blouberg Manor Boutique Hotel | LekkeSlaap
+61

Blouberg Manor Boutique Hotel

Hotel

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 12 resensies vir Blouberg Manor Boutique Hotel
Netheid
3.8/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.2/5
Daleen R - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Daleen R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beknop, onvriendelik, onbehulpsaam en nie ingelig nie.

Kamer is beknop, daar is nie plek om handsak neer te sit nie, geen vuurhoutjies tydens load shedding nie, geen water in yskas nie.Ons doen navraag oor load shedding-schedule met aankoms 20:45. Daar word gesê ons moet in die oggend uitvind. Load shedding was toe 22:00 - 00:30 en weer die volgende oggend 6:00 - 8:30. Geen haardroër in kamer. Die kombuispersoneel wat besig was om badkamers skoon te maak, word geroep - ons was totaal uit die veld geslaan.

Elsa F - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Elsa F
Enkelreisiger

Die hotel is lekker geleë, feitlik op die strand. Die winkels is loopafstand vanaf die hotel met 'n verskeidenheid eetplekkies. Die kamer nommer 6 is klein, ongemaklik oorkant die kombuis.

Ek sal weer daar tuisgaan. Vriendelik en skoon. Maar sal 'n groter kamer verkies.

Wouter E - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Wouter E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie duur om in 'n buitekamer te bly.

Teleurgesteld.

Antony B - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Antony B
Enkelreisiger

Vriendelikheid en netjiese kamers!

Vinnig in en uit vir my, maar die kamers is baie netjies en dis heerlik stil saans! Net wat iemand wat lekker moeg is, nodig het! Dankie vir julle mooi plek!

Yonee H - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Yonee H
Gesin met klein kinders

Verblyf was goed maar gastehuis kan verseker bietjie netjieser gehou word.

Die ligging van hierdie gastehuis is baie goed en die kamers is netjies, maar die kliëntediens is nie uiters professioneel nie. Die kombuis en swemarea kan verseker netjieser gehou word. Baie private rommel staan daar rond, en laat mens bietjie voel asof jy in die opsigter/eienaar se privaat area rondbeweeg en dit nie regtig bedoel is vir gaste nie. Die mense was wel baie vriendelik.

Lizette J - Apr 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette J
Saam met vriende

Ongelooflik!

Pragtig. Van ons heel lekkerste verblyf nog. Ons is met 'n warm en vriendelike atmosfeer ontvang. Gevoel soos ons eie huis so tuis het ons gevoel. Kos was heerlik en kamers pragtig skoon en netjies. Ek was skoon hartseer om daar weg te gaan.

Laurike S - Mrt 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Laurike S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sal nie weer gaan nie!

Teleurgesteld! Oud en dit het vuil gevoel.

Christiaan M - Mrt 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Christiaan M
Besigheidsreis

Lekker gerus met see geruis in agtergrond.

Baie lekker gekuier met skoon kamers en badkamer. Baie gehou van die temas in elke kamer. Heerlike ontbyt gehad. Gastehuis is goed geleë en loopafstand van die mooiste sonsondergang denkbaar! Hoogs aanbeveel.

Trudy B - Mrt 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Trudy B

Die ontbyt was beslis die beste.

Daar is regtig nuwe beddens nodig, ek het 3 aande daar geslaap en het na die eerste aand gekla, maar daar is niks daaraan gedoen nie. Die bed voel asof daar 'n gat in die middel is. Ek dink die basis is stukkend!

Adriaan B - Mei 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Adriaan B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sentraal geleë. 'n Netjiese woonplek.

Blouberg Manor is 'n netjiese plek vir verblyf. Dit is sentraal geleë met baie dinge om te doen in die omtrek.

Johnny V - Feb 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Johnny V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed geleë en loopafstand vanaf strand.

Hulle is nog besig met die ontwikkeling van die plek. Ons stel voor dat die kamers met waaiers of lugversorgers toegerus word, want die dakwaaier het geen verskil gemaak nie. Van die ligte in die kamer het nie gewerk nie.

Eugene N - Feb 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Eugene N
Besigheidsreis

Slaap lekker met ruim kamers en 'n baie lekker ontbyt.

Ons was laat om in te klok, want ons het eers 'n funksie gehad in die Kaap. Ek het die gasvrou geskakel en laat weet ons sal laat wees en sy het gesê dat ons net die deurklokkie moes lui. Die oggend 01:00 het ons eers ge-arriveer en sy het dadelik vir ons oopgemaak. Dankie vir daardie ekstra myl wat hulle geloop het om ons te huisves.

Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Verkouteren Singel, , Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsQqbYzWZLbQxD7qVkFh4dK8mFPnjyNW27dHWzDMD0vSeyvOWXu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 4 6 Verkouteren Crescent Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.794351 18.458002
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!