LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blouhuisie | LekkeSlaap
+28

Blouhuisie

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waltersingel 27, Britanniabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Blouhuisie is 'n ligte, ruim strandhuis vir 8 gaste teen die strand met 'n pragtige uitsig oor Britanniabaai aan die Weskus, net sowat 2 uur se ry van Kaapstad af.

Dié dubbelverdiepinghuis is smaakvol versier en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Twee van die slaapkamers is op die grondverdieping en elke kamer het 'n dubbelbed. Die kamers het ook elk 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer is op die eerste verdieping en het 2 enkelbeddens en 'n slaapbank. Daar is 'n buitestort waar gaste seesand kan afspoel.

Die leefarea is op die grondverdieping saam met die oopplan-kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Maaltye kan rondom die etenstafel geniet word.

Die sitarea het ook 'n kaggel en gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring vir die TV.

Die stapeldeure in die leefarea skuif oop op die groot dek wat 'n uitsig oor die see bied. Die stoep het ook 'n ingeboude braai en 'n buite-eetarea. Daar is genoeg parkeerplek op die perseel en skoonmaakdienste is beskikbaar vir langer verblyf. Ekstra skoonmaakdienste kan ook op versoek gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Blouhuisie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Blouhuisie
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Waltersingel 27, Britanniabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blouhuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waltersingel 27, Britanniabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARIZwycE5TgWZHoILWPZXwkMA1fp90WmZ4YcZPAt0PWgsWTwgZ5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 300  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 27 Walter Crescent Britannia Bay 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.720797870054 17.931388020515
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!