Blue Crane Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 22 Jul 2019 tot 1 Sep 2019.

Beskrywing

Blue Crane Farm is 'n asemrowende plaas en 'n droombestemming vir natuurliefhebbers. Dié plaas is halfpad tussen Belfast en Dullstroom geleë, sowat 10 minute se ry vanaf laasgenoemde met al sy winkels, restaurante en besienswaardighede. Die gruispad na die plaas is in 'n goeie toestand en is geskik vir enige voertuig.

Verblyf word gebied in 5 lieflike, aparte huise. Die 3 groter huise het elkeen 3 slaapkamers, 2 met koningingrootte-beddens, en 1 met 2 enkelbeddens, 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, 'n leefarea met 'n kaggel, 'n TV met DStv, en 'n patio met braaigeriewe.

Die kleiner huis het 2 slaapkamers (1 met 'n koningingrootte-bed en 1 met 2 enkelbeddens), 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n leefarea.

Die Lake View huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste twee kamers het elk 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde kamer het elk 2 enkelbeddens.

Elke eenheid het gemaklike beddens, 'n badkamer, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kaggel, en 'n patio met braaigeriewe.

Daar is pragtige staproetes op die plaas en gelukkige besoekers sal selfs van die wild gewaar. Hou jou oë oop vir sebras en talle boksoorte. Soggens en smiddae wei mak bokkies sommer tussen die huise.

Daar is 2 foreldamme op die plaas. Die klein dam wemel van die reënboogforel en daar is reënboog- én bruinforel in die groter dam. Heelwat land- en watervoëlspesies kom ook hier voor. Bloukraanvoëls broei elke jaar op een van die eilande in die dam en ander kraanvoëls, soos die Mahem ('n bedreigde spesie) is ook in die omgewing te vinde.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Crane Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 320 R1 972 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af. Geldig vanaf 22 Jul 2019 tot 1 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false