Blue Crane Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Crane Lodge, in Bellairsstraat 98A, North Riding, met rustige tuine en volop voëllewe is ideaal geskik vir sakereisigers en toeriste. dis in 'n veilige meenthuiskompleks, 'n gevestigde oase in die middel van 'n nuwe en elegante ontwikkeling.

Blue Crane Lodge beskik oor 11 kamers en 'n selfsorgwoonstel, omring deur netjiese tuine en 'n rustige omgewing. Die lodge is 'n vreedsame plek met volop voëllewe om jou oggende op te kikker. Die volgende geriewe kom voor in elke kamer: waaiers of lugversorging, elektriese verwarmers, TV's, tee- en koffiemaakgeriewe, yskassies, mikrogolwe en haardroërs. Daar is storte in die badkamers sowel as uitgesoekte toiletware.

Onderdakparkeerplek, algemene sitkamer en 'n afstandsbeheer vir in- en uitkom word voorsien. Blue Crane Lodge beskik oor konferensiegeriewe vir tot 30 persone. Ons bied spyseniering aan gedurende die week vir halfdag-konferensies en voldag-konferensies.

Die Blue Crane Lodge is naby heelwat vermaaklike besienswaardighede soos die Fourway Mall, Monte Casino, Northdate Mall, Lesidi Village en die Leeupark, om net 'n paar te noem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Crane Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za