Blue Grass Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Grass Nest is in Nelspruit op die skilderagtige Panoramaroete geleë en bied verblyf vir sakereisigers of mense wat op pad is na die Krugerwildtuin.

Blue Grass Nest bied verskeie eenhede met slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Gaste kan die kamers op die eerste verdieping, die 2-enkelbedkamers, een van die gesinskamers of die selfsorgkamer bespreek. Elke eenheid het 'n privaat ingang en dit lei na 'n balkon of stoep. Die eenhede het yskaste, tee- en koffiemaakgeriewe en TV's met M-Net 101.

Gaste kan hulle dag met 'n heerlike ontbyt begin en hulle kan in die tuin, waar baie voëls nesmaak, ontspan. As jy 'n diereliefhebber is sal die katte jou kom verwelkom. Gaste kan ook in die swembad afkoel en van die braaigeriewe gebruik maak. Parkeerplek en kaartgeriewe is beskikbaar.

Blue Grass Nest is in 'n veiligheidskompleks geleë, wat ook 'n speelpark vir kinders bied. Die gastehuis is net 3 km vanaf die Ilanga Mall en die Mediclinic Nelspruit, en dit is net 5 km vanaf verskeie besienswaardighede soos die Innibos-feesterrein, restaurante, en nog meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Grass Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false