Blue Mountain Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Mountain Bay is geleë in Murdock Valley, Simonstad, op pad na Kaappunt. Dié dorp is bekend vir sy geskiedenis en tradisie, en veral ook vir Boulders Beach met sy bekende pikkewynkolonie. Daar is heelwat doendinge in die omgewing soos, bootvaarte, kajak, strande, museums, gholf, visvang en stap.

Ons 2 aparte eenhede is geskik vir paartjies, gesinne en reisigers.

Beide eenhede het 'n TV met DStv en toegang tot WiFi.

Die 1 slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, toilet, handdoeke en linne. Hierdie kamer het ook 'n oopplan-sitkamer/-eetkamer en 'n kombuisie toegerus met 'n mikrogolf, vrieskas/yskas, tweeplaatstoof, oond, ketel en al die nodige eetgerei en breekware.

Die tweeslaapkamer-eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens weet opgemaak kan word as 'n dubbelbed op versoek, en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien en daar is ook 'n oopplan sitkamer/eetkamer en 'n kombuis met 'n mikrogolf, vrieskas/yskas, tweeplaatstoof en oond, ketel en al die nodige eetgerei en breekware.

Die twee eenhede word geskei deur 'n foyer en 'n gemeenskaplike speletjieskamer met 'n pooltafel, bordspeletjies en boeke. Albeid eenhede lei na 'n privaat tuin met 'n swembad. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Mountain Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]