Blue Mountain Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 14 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Blue Mountain Guest House bied verblyf aan gesinne, groepe en sakereisigers wat hartlik en ontspanne is. By ons sal jy so tuis voel soos by jou eie huis. Ons bied al vir 21 jaar luukse en baie gerieflike verblyf teen uitstekende tariewe aan reisigers van oraloor, en ons is uiters trots op hierdie reputasie. Jou gashere, Deanna en Terry Ireland, bied silwerskoon verblyf, waarde vir geld en vriendelike en persoonlike diens.

Ons dubbelkamers het aparte ingange van die tuine wat algehele privaatheid verseker. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer, 'n satelliet-TV met M-Net, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe en 'n radiowekker. Ons voorsien ook ekstra bederfies soos komplimentêre toiletware, vars blomme en seisoenale vrugtemandjies.

Kinders is welkom. Ons het 'n verskeidenheid ruim gesinskamers en gesin-suites met 2 slaapkamers om aan al jou behoeftes te voldoen.

Skop jou dag af op die gesonde manier met 'n Kontinentale buffet-ontbyt in ons sonnige ontbytkamer. Smaaklike, tuisgekookte aandetes is ook beskikbaar op versoek. Daar is 'n eerlikheidskroeg propvol voorraad vir jou gerief asook 2 groot selfsorg-gastekombuise en braaigeriewe op die perseel.

Gaste kan lekker afkoel in die groot, kristalhelder soutwaterswembad of net ontspan in ons veilige en rustige omgewing. Daar is oorgenoeg parkeerplek asook 'n toesluithek vir sleepwaens.

Blue Mountain is net 10 minute se stap van die silwerskoon strande van Bloubergstrand af, wat die mooiste uitsigte oor Tafelberg en Robbeneiland bied. Dis ook die beste plek vir vlieërbranderry of branderplankry.

Blue Mountain is naby 'n verskeidenheid restaurante en winkels, die Virgin Active Health Club, Planet Fitness en 2 uitstekende gholfbane. Ons is ook net 15 minute se ry van die middestad, die V&A Waterfront en Canal Walk af. Blue Mountain is 'n baie goeie beginpunt as jy die Weskus se wynroetes wil verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Mountain Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 R872 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af. Geldig vanaf 14 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za