Blue Mountain Luxury Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Mountain Lodge is 'n oord met alles ingesluit, wat op 200 hektaar van ongerepte bosveld geleë is. Die lodge bied gerieflike verblyf vir sakereisigers of vakansiegangers, en dis sowat 'n halfuur se ry van Hazyview en die Krugerwildtuin af.

Verblyf by die lodge word aangebied in verskeie gastekamers en 1 herehuis wat uniek en smaakvol versier is. Die gastekamers is elkeen ingerig met 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die herehuis het 2 en suite-kamers. Elkeen van die huise het ook 'n privaat plonspoel op 'n houtdek en daar is 'n butler, sjef en huishoudster in elke herehuis aan diens.

Meeste van die kamer-tipes beskik ook oor gratis WiFi, lugversorging, 'n verwarmer, yskassie, haardroër, kamerkluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige van die suites het ook kaggels, paneelverwarmers in die badkamers en privaat stoepe.

The Blue Spoon, die restaurant op die perseel, bedien heerlike fynproewerdisse wat gepaar word met 'n indrukwekkende wynlys. Pieknieks kan ook gereël word teen ekstra koste.

Sakereisigers sal bly wees om te verneem dat die lodge 'n goed toegeruste konferensie-venue het, en daar is selfs 'n klip-kapel vir intieme troues.

Gaste is welkom om deel te neem aan die tientalle doendinge op die perseel wat kroket, voetslaan, visvang en voëlkyk insluit. Meer avontuurlustige gaste kan ook op helikopterritte gaan, in 'n warmlugballon sweef, vierwielmotorfietsry, riviervlotvaart aandurf, perdry of 'n safari meemaak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Mountain Luxury Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false