Blue Whale

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Whale bied gemaklike verblyf in 2 privaat kamers op die eienaars se perseel. Dié verblyf is in Struisbaai, slegs 1,3 km vanaf die strand en is ideaal vir diegene wat by die see wil ontspan.

Blue Whale 3 is 'n oopplan-kamer met 'n privaat ingang en het 'n dubbelbed, privaat badkamer met 'n stort en 'n kombuisie. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, rooster, elektriese braaipan, pot, eetgerei en breekware toegerus. 'n Gasstofie kan ook voorsien word. Die kamer het ook 'n slaapbank vir 1 kind jonger as 9 jaar en 'n TV met OpenView satelliet-TV.

Blue Whale 4 het 'n privaat ingang en 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad en 'n handstort. Die kamer kyk noors en het 'n plafonwaaier en tee- en koffiemaakgeirewe.

Daar is veilige parkeerplek en 'n gemeenskaplike binnehof met stoele, tafels en braaigeriewe. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die area bied toegang na strande, winkels en restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Whale gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za