Blue Whale Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Whale Resort bied luukse selfsorg-chalets en trou- en konferensiegeriewe naby George op die Tuinroete.
Ons handhaaf 'n hoë standaard en bied volledig toegeruste, luukse selfsorg-chalets naby die see, net 10 km vanaf George se sakekern, 13 km vanaf George Lughawe en 6 km vanaf die N2. Die privaat natuurreservaat is slegs vir inwoners van chalets en konferensiegangers.

Die 10 chalets is eenders, 8 met pragtige see-uitsigte en baie privaatheid, en 2 wat 'n bietjie verder van die see en die res van die chalets af is - ideaal vir groot gesinne en ook 'n bietjie goedkoper as die ander chalets. Die chalets en konferensiegeriewe is gebou op 10 hektaar grond wat uitgelê is as 'n privaat natuurreservaat.

Geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, konferensielokaal en veilige parkeerplek in.

Blue Whale Resort word omring deur inheemse woud en fynbos. Walvisse kan gesien word gedurende die wintermaande en dolfyne baljaar regdeur die jaar in die branders, en jy kan dit alles dophou van jou stoep af. Dit is ook een van die beste visvangplekke in die omgewing, en heelwat visspesies kan gevang word by Rock Beach. Heroldsbaai en Victoriabaai is sowat 12 en 18 km van die oord af en is ideaal vir swem. 'n Groot verskeidenheid inheemse voëls kan ook besigtig word terwyl jy stap of fietsry langs die kort staproetes. Kom ontspan in 1 van die 10 luukse, volledig toegeruste chalets. As jy wil stap, visvang, of net lekker wil rus, is Blue Whale Resort die ideale bestemming vir jou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Whale Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]