Bluegum Cottage @ The Garlic House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie ruim, moderne kothuis in Smithfield in die Vrystaat is die ideale verblyf vir enkelreisigers, paartjies en gesinne en bied slaapplek vir 6 gaste. Die verblyf is B&B- en selfsorgverblyf in een, met gehalte beddens en linne, elektriese komberse, DStv, 'n ruim badkamer, kombuis-, eet- en sitarea en alles wat jy sou benodig vir gemaklike verblyf.

Die Bluegum Cottage is 'n nuwe gastevleuel van die Garlin House, 'n pragtige 18de eeuse gebou en die huis van die kunstenaar Kitty Schneider. Dit is op 'n groot, privaat perseel met oorgenoeg parkerplek van die straat af geleë en is in 'n rustige area in Smithfiled. Dit is ook verg van die klanke van die verkeer op die N6 wat deur die dorp loop. Privaatheid, vrede en stilte verseker 'n goeie nagrus.

Daar is 3 kamers in die eenheid, 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en nog 'n ruim kamer wat dien as die kombuis/eet/sit-area en 2 enkelbeddens. Een van die kamers op die boonste verdieping (steil trappe, nie geskik vir bejaardes) het 'n groot balkon met uitsigte oor Smithfield en ons "berg"! Groot vensters voorsien lekker baie natuurlike lig en uitsigte oor die organiese tuin.

Die eienaar, Kitty Schneider, is 'n juwelier-kunstenaar wie se unieke smaak die kothuis iets spesiaal maak. Handgemaakte trappe met stukkies gebreekte bord en glas by die ingang, 'n stortvloer wat bestaan uit klippies wat by die strand opgetel is, en handgemaakte diefwering in die vorm van voëls, visse, katte en blomme is net 'n paar voorbeelde van die aandag wat sy geskenk het om hierdie plekkie 'n unieke ervaring te maak. Die kothuis is ook ruim en eenvoudig.

Daar is 3 honde en 4 katte op die perseel so diere is welkom indien dit vooraf gereël word. Daar is 'n swembadjie in die tuin vir warm somerdae en heelwat plek vir kinders om rond te hardloop. Die area het uitstekende 3G-selfoonontvangs en 'n fantastiese kroegrestaurant in die pad af wat WiFi bied. Kitty maak ook aandete vir gaste indien hulle dit vooraf reël. Ontbytgraan, tee en koffie is ingesluit by die tarief.

Slaapplek

'n Bespreking by Bluegum Cottage @ The Garlic House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bluegum Cottage @ The Garlic House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 990 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za