Bethal Bluegum Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bluegum Country Lodge is 'n klassieke, landelike wegbreekplek. Hierdie aanloklike ontwikkeling van rooi siersteen is in Bethal geleë. In die hartjie van die Kosmos-area in Mpumalanga, sal Bluegum maklik jou oornagplek wees op 'n sakereis of jou gunsteling-bestemming word op pad na Swaziland, St. Lucia en die Noordkus.

Bluegum Country Lodge is word omring deur bloekombome en die Hoëveld-landskap. Dis ver verwyder van die stadsgeraas, en ons moedig gaste aan om lekker na aan die natuur wonderlike oomblikke te geniet. Die lodge spog met 40 en suite kamers, en konferensie- en trougeriewe wat 5 tot 250 afgevaardigdes of gaste in verskillende style kan akkommodeer. Die konferensiesentrum is 'n pragtige, rustige plek waar jy en jou kollegas in vrede oor ernstige sake kan konfereer.

Ons het enkelkamers, dubbelkamers en 'n suite vir wittebroodspaartjies. Laasgenoemde suite het 'n oopplan-opset met 'n groot hoekbad (Jacuzzi), versag deur 'n gedrapeerde gordyne. Spesiale kamers is geskik vir besoekers met rolstoele. Besoekers kan die skilderagtige landskap van die stoep af waardeer, en 'n oggendkoffie tussen stinkhoutbome geniet.

Al die kamers het DStv, koffie- en teemaakgeriewe, 'n private ingang en yskassie. Sommige kamers is toegerus met lugversorging. Gaste het hulle eie toegangsbeheer. Faksgeriewe is by Ontvangs beskikbaar. Daar is ook 'n daaglikse wasgoeddiens, groot en veilige parkeerplek. WiFi is beskikbaar. Doen asb navraag oor die wagwoord met aankoms.

Die lodge spog met 40 en suite-kamers wat elkeen 80 mense kan akkommodeer. Enkelkamers, dubbelkamers en kamers met twee enkelbeddens. Die kamers is met Afrika-patrone versier met 'n mengsel van ryk, aardse kleure, leiklip-dekor in die ruim badkamers en 'n growwe okerkleurige muurafwerking. Die moderne ontwerp van die kamers skep 'n lugtige gevoel. Spesiale kamers is ook beskikbaar vir besoekers in rolstoele. Daar is ook konferensiegeriewe wat 5 - 250 afgevaardigdes kan akkommodeer of ook as 'n lokaal vir troues of ander aangeleenthede kan dien vir 250 gaste.

Ontbyt word tussen 06:00 en 08:00 bedien in die eetkamer. Aandetes kan ook vooraf bespreek word en word in die eetkamer bedien. Elke maaltyd word met groot sorg en vars bestanddele voorberei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bethal Bluegum Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false