Suid-Kaap Akkommodasie by Bo Kouga Mountain Retreat | LekkeSlaap
+148

Bo Kouga Mountain Retreat

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Kouga, De Hoop-pad, Uniondale, 7129, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bo Kouga Mountain Retreat skuil in die Kouga-bergreeks in die Wes-Kaap en is perfek vir diegene wat wil wegbreek uit die stad se geroesemoes. Bo Kouga Mountain Retreat is ideaal geleë tussen die Tuinroete, die R62 en Baviaanskloof.

Dié 300 hektaar-toevlugsoord in die berge bied gaste die geleentheid om die natuur op sy beste te beleef. Stap in die wildkamp en kyk uit vir die elande, sebras, en springbokke, en hou piekniek by die waterval. Hier sal jy luilekker kuier tussen die fauna en flora en saans heerlik onder die sterrehemel ontspan. 'n Asemrowende landskap, ongelooflike panoramiese berg-uitsigte en koel stroompies wag by Bo Kouga Mountain Retreat.

Die plaasgeboue is goed opgeknap en sluit 'n kothuis in wat troeteldiervriendelik is. Die eenhede is keurig en gerieflik ingerig. Sommige buite-geboue en 1 van die 5 kothuise dateer uit die 1860's.

Bo Kouga Mountain Retreat bied verblyf in die hoofhuis en in 4 goed toegeruste, gerieflike selfsorg-kothuise.

Die huis is só gebou om ongelooflike berg- en vallei-uitsigte te bied. Die Gemsbok-kothuis dateer uit die 1860's en is pragtige gerestoureer. Die Eland-kothuis is troeteldiervriendelik en die Zebra-kothuis is perfek vir 'n romantiese wegbreek of 'n wittebrood. Die Buffalo-kothuis is die grootste eenheid en is modern en luuks.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 27 resensies vir Bo Kouga Mountain Retreat
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Bo Kouga, De Hoop-pad, Uniondale, 7129, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bo Kouga Mountain Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Kouga, De Hoop-pad, Uniondale, 7129, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2ZGI5YWNlLWE0Y2EtNDFjMS05NmNiLWE1MGZhOTg0NjQ0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 2) 27 5 1 5 Bo Kouga De Hoop Road 7129 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.66426 23.353834
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za