Noord-Kaap Akkommodasie by Boereplaas Nieuwoudtville | LekkeSlaap
+18
+18

Boereplaas Nieuwoudtville

  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Voortrekker, Boereplaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Boereplaas is naby Nieuwoudtville geleë en bied die ideale verblyf vir natuurliefhebbers.

Daar is 3 eenhede om van te kies, waarvan 2 B&B-kamers is en dan 1 selfsorg-eenheid.

Die Boereplaas-kamer is geskik vir 'n gesin van 4. Dit bied 'n dubbelbed in 'n kamer met 'n spieëlkas en 'n hangkas, en die oopplan-leefarea het 2 enkelbeddens met 'n spieëlkas en 'n hangkas. Dié eenheid beskik oor 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die Soutbos-gastekamer is 'n moderne eenheid wat met elemente uit Boereplaas se geskiedenis versier is. Die kamer het 'n dubbelbed met 'n elektriese kombers en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Hezimon is 'n moderne, oopplan-eenheid wat ten volle toegerus is vir selfsorgverblyf. Dit het 'n stoof, mikrogolfoond, ketel en koffie- en teemaakgeriewe. Koffie, tee, suiker en melk word ook voorsien.

Buite-braaigeriewe is beskikbaar op versoek.

Daar is oop parkeerplekke so 5 meter van die eenhede af. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, maar wasgoedgeriewe is nie beskikbaar nie.

Boereplaas is veral geskik vir fotograwe aangesien dit pragtige sonsondergange en landskappe bied. Perdekarritte is beskikbaar op versoek.

Dit is die ideale vakansie-wegbreek om die prentjiemooi area te verken. Kom geniet die aroma van 'n tapyt veldblomme wat jou siel sal verkwik tydens die blomseisoen.

Ongelukkig laat ons nie troeteldiere toe nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Boereplaas Nieuwoudtville
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Voortrekker, Boereplaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • Gaste dink Boereplaas Nieuwoudtville het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Noord-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Voortrekker, Boereplaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74J1HYEV1a4yS5aZjh0poISxXZaRlcCHXHuQ8gDoGmfMVsuLV7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 Voortrekker Boereplaas 8180 Noord-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 09:00 -31.461804930266 19.184265003374
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za