Bonnievale Akkommodasie by Boesmansdrift Plaashuis | LekkeSlaap
+61

Boesmansdrift Plaashuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellendam-weg, Kaapse Wynlande, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Welkom by Boesmansdrift waar gaste 'n ware plattelandse ervaring sal beleef! Kom ontspan in ons volledig gemeubileerde selfsorgplaashuis wat omring is deur 'n omheinde tuin aan die een kant en vrugteboorde aan die anderkant. Die Breederivier is net 1,4 km deur die boorde ver. Gaste kan dus ontspan sonder om oor die kleingoed te bekommer. Boesmansdrift is langs die hoofweg geleë, ver genoeg van die besige dorpe af, maar naby genoeg vir vinnige inkopies.

Dié selfsorg-plaashuis het 4 kamers en bied slaapplek vir 8 gaste. 2 van die kamers het 2 dubbelbeddens en die ander 2 kamers het 2 enkelbeddens. Al die beddens is opgemaak met skoon, wit linne en handdoeke. Daar is 2 badkamers: 1 met 'n stort en 1 met 'n stort en 'n bad. Verder het die huis 'n leefkamer met 'n kaggel, DVD-speler en 'n TV met DStv-koppelpunt, so bring asseblief jou eie dekodeerder en slimkaart.

Daar is 'n ingeboude braai met 'n onderdakstoep en oorgenoeg gras waar kinders kan speel. Ons maak veral voorsiening vir gesinne met jong kinders.

Gaste word verseker van salige verblyf en baie lieflike dinge om te doen. Dit is 'n kort wandeling deur die boorde na die rivier toe, so bring jou visstok en kano.

Slaapplek

’n Bespreking by Boesmansdrift Plaashuis sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir Boesmansdrift Plaashuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Swellendam-weg, Kaapse Wynlande, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boesmansdrift Plaashuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 400
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellendam-weg, Kaapse Wynlande, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAchocgam9lkYFBzlp4one80t4YNLuGk74QsknUecijDUwruGqP8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (vir 8 persone) 8 5 1 5 Swellendam Road Cape Winelands 6730 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.937774677852 20.112053453922
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za