Bohemian Garden Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bohemian Garden Cottages bied 'n verskeidenheid selfsorg- en basiese selfsorgverblyf-opsies in Kaapschehoop, Mpumalanga. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en gasvryheid, weg van die stad se gedruis af.

Ons akkommodasie bestaan uit 4 eenhede wat volledig gemeubileer en smaakvol ingerig is. Die kothuise het slaapplek vir tussen 2 en 8 gaste en is ideaal vir paartjies of gesinne. Die slaapkamers het óf koningingrootte-beddens, óf 'n dubbel- of enkelbed met óf 'n en suite óf privaat badkamer. Elke eenheid se kombuis is ook goed toegerus met die nodige geriewe om etes voor te berei, 'n woonvertrek met 'n TV met slegs plaaslike kanale en 'n privaat stoep en veilige parkeerplek vir jou motor.

Jy kan ook die Bohemian Groove Café, wat sowat 30 m van die kothuise af is, besoek en heerlike etes geniet terwyl jy die eienaars se kunswerke bewonder. Ons is sowat 12 km van Ngodwana af, waar jy verskeie winkels, apteke en 'n vulstasie sal vind. Die omgewing rondom Kaapschehoop is ook bekend vir die wilde perde wat in hul natuurlike habitat gesien kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bohemian Garden Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false