BoKaro

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BoKaro is 'n eksklusiewe, luukse boetiekgastehuis wat lekker sentraal geleë is in Prieska, 'n dorpie in die Noord-Kaap aan die oewer van die Oranjerivier.

Verblyf is beskikbaar in 4 deluxe kamers en 2 luukse kamers. Elke kamer is smaakvol ingerig en het sy eie ingang, stoep, en suite-badkamer, platskerm-TV met sekere DStv-kanale, WiFi, haardroër, yskassie, ingeboude kaste en oorgenoeg werkruimte. Daar is lieflike Charlotte Rhys badprodukte waarmee gaste hulself kan bederf.

Daar is veilig parkeerplek op die perseel. Die bekende koffiewinkel, Priskab, is op die perseel. Dit word deur dieselfde eienaars bestuur en gaste klop gereeld hier aan vir 'n stewige maaltyd. BoKaro is dus ideaal vir reisigers of sakelui wat op soek is na luukse, veilige verblyf wat sentraal geleë is. 'n Volledige Engelse ontbyt is by die tarief ingesluit en word in die koffiewinkel bedien. Aandete is teen ekstra koste op versoek beskikbaar en word in die eetkamer of op die stoep bedien.

Vir besoekers aan die Noord-Kaap is Prieska 'n ideale oornagplek. Dit is op die N10 wat die Oos-Kaap met Namibië verbind en ook die hoofroete is na die Kgalagadi- en Augrabies Nasionale Parke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BoKaro gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za