BON Hotel Bloemfontein Central

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

In die hartjie van Bloemfontein se sakegebied sal jy een van die beste hotelle in die Vrystaat, BON Hotel Bloemfontein Central, aantref. Dit is ideaal vir 'n oornag- en sakereisigers.

Die hotel bestaan uit 115 ruim en gerieflike en suite-kamers met gratis WiFi. Gaste het 'n groot verskeidenheid suites en standaard kamers om van te kies. Al die kamers beskik oor lugversorging, 'n lessenaar en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die hotel bied gratis pendeldienste vir staduitstappies en na die Bloemfontein-lughawe wat net 10 km se ry weg is. Die hotel bied rook-kamers op versoek.

Daar is 6 konferensiekamers wat tot 420 afgevaardigdes kan akkommodeer en bied moderne, oop ruimtes vir gala-etes, tema-geleenthede, produkbekendstellings, handelskoue, slypskole en troues. Daar is ook 'n 24 uur-sakesentrum beskikbaar.

Die Courtroom Restaurant op die perseel is daagliks oop vir ontbyt en aandete, asook 'n heerlike voorsnybuffet. Daar is ook 'n wegneemontbyt-opsie vir diegene wat vroeg opstaan. Gaste kan ook 'n vinnige middagete by die kroeg op die perseel geniet.

Ander nabygeleë geriewe sluit 'n fiksheidsentrum sowat 500 m van die hotel af, 'n binnenshuise verhitte swembad, tennis-, muurbal- en gholfbane, perdry, waterski, voetslaan, en wildkyktoere in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BON Hotel Bloemfontein Central gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za