Bona Ngwenya Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bona Ngwenya Lodge is 'n pragtige selfsorg-lodge wat in Marlothpark-bewarea is. Die lodge spog met sy eie grasdak-toringdek met uitsigte oor die Krokodilrivier en die aangrensende Krugerwildtuin. Die toringdek is net 20 m van die heining af en dit bied onbelemmerde uitsigte oor die rivier. Dit is die ideale plek om 'n skemerkelkie onder die dekwaaiers te geniet terwyl jy diere soos seekoeie, leeus, olifante en vele meer onder by die rivier aanskou.

Bona Ngwenya Lodge kan tot 6 gaste akkommodeer. Daar is 2 en suite-kamers, 1 solderkamer, 'n kombuis op die onderste vloer en 'n sitkamer. Die eerste en tweede slaapkamers beskik elk oor 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die derde slaapkamer is 'n solderkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n groot dubbeldeur-yskas, 'n mikrogolfoond, ysmasjien, 'n snackwich-masjien, watersuiweraai, skottelgoedwasser, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is lugversorging regdeur die eenheid en daar is oorgenoeg waaiers om jou koel te hou op warm dae. Daar is 'n kroeg sonder alkohol op die boonste vloer met 'n dubbeldeur-yskas om jou drankies koud te hou. Die hek 'n slaapbank, muskietnet en 'n yskassie. Daar is ook misspreiers vir die somer.

Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 buite, asook 'n swembad en braai-lapa.

DStv en gratis WiFi beskikbaar.

Bona Ngwenya Lodge kan verskeie toere reël, insluitned na die Sadwala Caves en Dinosaur Park, 'n bootrit met sonsondergang, tiervisvang, en wildritte in die Krugerwildtuin. Gaste kan ook 'n rit met sonsondergang deur Marlothpark in 'n oop safari-voertuig geniet. Daar is kameras wat regstreekse beeldmateriaal van die Krokodilrivier tot in die Krugerwildtuin na 'n webtuiste stroom.

Marlothpark het sebras, koedoes, wildebeeste en ander wild wat vrylik rondloop tussen die huise. Vir die voëlliefhebbers is daar ook verskeie spesies om te sien. Laat in die aande as die son ondergaan kan jy vir die nagapies piesang voer of vir die jenette wag om saans onder die sterre hul verskyning te maak. Of jy nou van lang wandelinge teen die rivier hou, of net daarvan hou om te ontspan, Marlothpark is net die plek vir jou. Hier kan jy voëls en wild kyk en die gerief van Bona Ngwenya geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Bona Ngwenya Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bona Ngwenya Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]