LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bonamanzi Game Reserve - Tree Lodge | LekkeSlaap
+11

Bonamanzi Game Reserve - Tree Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 0 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushlands-pad, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 500 per nag(plek vir 6)

Beskrywing

Bonamanzi Game Reserve - Tree Lodge is in die Bonamanzi Wildreservaat, 5 km vanaf Hluhluwe. Dié wildreservaat van 4 000 hektaar word privaat besit en die Hluhluwe-rivier vorm die oostelike grens.

Dié lodge is 'n houtstruktuur op stelte en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers wat deur 'n houtpaadjie verbind word. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Elke kamer het 'n klein stoep. Badhanddoeke word voorsien en die kamers het lugversorging.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n waterfilter en gaste word versoek om slegs dié water te drink. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Daar is ook 'n gastebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die lodge is baie privaat en gaste het toegang tot die restaurant en die hoofontvangs se geriewe wat sowat 3 km ver is.

Slaapplek

’n Bespreking by Bonamanzi Game Reserve - Tree Lodge sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • Bushlands-pad, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 0 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushlands-pad, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsCskQAnCJuLEOkdqOMPFyoTRnlfUiPyHVLvHRZqMo5mTneIKQX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500  per nag(plek vir 6) Bushlands Road Hlhuhluwe 3960 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.059204 32.310962
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!