Bonfrutti

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bonfrutti bied 'n smakie van die plaaslewe. Hier, aan die voet van die Langeberge, langs die R60 tussen Ashton en Swellendam, kan jy vars lug inasem en deur die loop van die jaar vars bergwater drink.

Die plaashuis en kothuise is op 'n rustige vrugte- en wynplaas geleë. Daar is 6 selfsorgeenhede om van te kies.

Die plaas het meer as genoeg plek om lang wandelings deur die boorde of langs die skaappaadjies en grondpaaie te neem. Bring jou bergfiets saam, baarshengel en swem in die plaasdam. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Verskeie tipes vrugte word hier verbou. Die seisoen begin met appelkose in mid-November en dan perskes in Desember. Vars vrugte kan in seisoentyd by die plaasstal gekoop word. Druiwe word by Bonnievale Kelder, 'n lid van die Roberston Wynvallei, afgelaai en word in die middel van Februarie gepluk. Bonfrutti is sowat 180 km van Kaapstad af en is in die hartjie van Roete 62 geleë. Die naaste dorpe is Swellendam (30 km), Robertson (35 km), Montagu (25 km), Bonnievale (20 km) en Ashton (17 km).

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Middagete

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bonfrutti gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za