Stellenbosch Akkommodasie by Bonne Chance Kothuis | LekkeSlaap
+12

Bonne Chance Kothuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bonniemile, Vlottenburg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 2
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Bonne Chance Cottage is in die buitewyke van Stellenbosch geleë, word omring deur wingerde en bied beeldskone dam- en berguitsigte. Die kothuis is na aan al die plaaslike geriewe en slegs 20 minute vanaf die naaste strand. Ons is ook net 8 km buite Stellenbosch.

Die woonstel het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n volledige badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is 2 driekwartbeddens in die leefarea met 'n ekstra slaapbank vir 'n ekstra gas, maar ons verkies 'n maksimum van 4 gaste. Die kombuis is toegerus met al die moderne geriewe wat jy sou benodig vir 'n sorgvrye, selfsorg-vakansie. Die leefarea het 'n platskerm-TV met volledige DStv en gaste het toegang tot WiFi. Daar is ook wasgoedgeriewe beskikbaar op die perseel.

Die sprankelende swembad bied beeldskone uitsigte op die berge. Ons het ook veilige parkeerplek vir jou motor.

Ongelukkig kan ons nie troeteldiere akkommodeer nie aangesien hier reeds 5 honde woon. Die honde word egter apart van die kothuis gehou. Rook is streng verbode in die eenheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Bonne Chance Kothuis sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Bonniemile, Vlottenburg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bonniemile, Vlottenburg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 2
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDljZDNiMTU1LTk0ODMtNGU0Yi04OWMzLTM1NTRhODc3OWU5Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 4) Bonniemile Vlottenburg 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.949527193469 18.78183219744
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za