Bontkop B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bontkop B&B is 'n moderne Kaap-styl gastehuis in Melkbosstrand met lieflike uitsigte oor Kaapstad, Robbeneiland en die sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Die gastehuis is teenaan die strand geleë en ideaal vir die volgende vakansie of sakereis na die Moederstad.

Al die kamers het stinkhoutmeubels en ruim en suite-badkamers. Bontkop bied veilige parkeerplek op die perseel en daar is 'n hysbak wat al 3 vlakke bedien. Jy het direkte toegang tot die strand met geen pad of voetpaadjie tussen jou en die strand nie.

Noord van die gastehuis is 'n park en 'n wandelpaadjie langs die strand, met heerlike restaurante. Langs die gastehuis aan die suide kant is ongerepte strande wat jou na 7 km by Bloubergstrand sal bring. Jy kan heerlik langs die swembad ontspan of op die sondek in die Jacuzzi sit en walvisse dophou. Lang wandelinge langs die veilige strand sal die perfekte rus vir jou siel bied. Herlaai jou battery in die onbesoedelde lug terwyl jy jou verwonder aan die klanke van die natuur en die pragtige lente blomme. Die gasheer se familie is al vanaf 1731 in die baai gevestig en hy deel graag inligting met gaste oor die area en die plaaslike gebruike.

Neem asb. kennis dat slegs kinders ouer as 12 jaar word geakkommodeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bontkop B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za