Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bos en See

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bos en See, Keurus, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Bos en See is 'n selfsorgkothuis in Keurboomstrand, 'n pragtige kusdorpie in die hartjie van die Tuinroete, slegs 13 km van Plettenbergbaai af.

Die kothuis is op die strand met 'n gedeeltelike see-uitsig. Dit bied slaapplek aan 8 gaste. Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers met storte. Daar is ook 'n buitestort, toilet en wasbak. Drie van die slaapkamers en een badkamer is op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en die derde een 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer is op die grondverdieping en is ingerig met 'n dubbelbed. Hierdie kamer het 'n en suite-badkamer. Linne word voorsien, maar bring asb. jou eie strand- en badhanddoeke. Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond en 'n stoof, asook 'n eenplaatgasstofie. Die sitkamer/eetkamer maak oop op 'n ruim, bedekte houtdek met 'n Weber-gasbraai.

Bos en See is perfek vir gesinsvakansies. Dit is baie veilig vir kinders om na die strand te gaan wat slegs 100 m van die huis af is, terwyl die ouers rustig onder die skadubome ontspan.

Keurboomstrand spog met een van die beste Italiaanse restaurante langs die Tuinroete. Enrico's is reg op die strand en bied 'n ongelooflike uitsig oor die see en op die berg.

Om naby aan Plettenbergbaai, Knysna en Tsitsikamma te wees, verseker dat jy baie doendinge kan aanpak in die omliggende omgewing. Daar is talle aktiwiteite en besienswaardighede net 15 minute se ry vanaf Keurboomstrand. Jy kan die indrukwekkende voëlpark, Birds of Eden, besoek waar voëls vrylik rondvlieg. Reg langsaan is Monkeyland wat die wêreld se eerste park is waar verskeie aapspesies vrylik rondbeweeg. Die Bloukrans Bungy-jump brug is ook naby vir adrenalien-vrate. Verder is daar Stormsrivier Canopy Tours en verskeie ander buitelug-aktiwiteite.

Die Knysna Olifantpark stel jou in staat om te ervaar hoe olifante uit jou hand uit eet! Die Wolfpark op pad na ons kan ook besoek word.

Slaapplek

’n Bespreking by Bos en See sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 14 resensies vir Bos en See
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Jaar gelys 9

Ligging

  • Bos en See, Keurus, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bos en See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bos en See, Keurus, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA916c4db0ee1cac53263c542bc5d3220dc099c85d780efefb3a82dd7b7d02ee40a3cce81635f70dcc41172dad96e0d8162212?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 Bos en See Keurus 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.002065314033 23.463563983058
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem