Bosch Luys Kloof Private Nature Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bosch Luys Kloof is 'n 14 000 hektaar privaat natuurreservaat in die malaria-vrye Karoo teen die noordelike hange van die Swartberge, net 4 km van die manjifieke Seweweekspoort af. Die entjie se ry na die reservaat vanaf Roete 62 is net 24 kilometer en is asemrowend vir enige natuurliefhebber. Vanaf die ingang na die lodge is daar nog 8 kilometer se natuurskoon om te bewonder al langs die geskiedkundige Bosluiskloofpas.

Die lodge en chalets is almal nuwe rousteenmure met egte grasdakke. Die geboue is ontwerp om by die natuurlike omgewing in te pas. Elkeen het natuurlike afwerkings wat uit natuurlike voorwerpe gemaak is. Die chalets is losstaande en kyk noord om jou verblyf en privaatheid te bevorder. Daar is 4 chalets met slaapplek vir 2, 5 chalets met slaapplek vir 4 en 'n gastehuis met slaapplek vir 8. Elke chalet het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n en suite-badkamer, ’n kaggel en sitarea. Daar is 'n lieflike swembad en outydse kroeg wat toegerus is vir jou behoeftes.

Bosch Luys Kloof Private Nature Reserve het 'n netwerk van wild- en natuurritte wat jy kan aanpak. Daar is 3 4x4-roetes wat jou 'n tydjie sal besig hou, en 1 neem jou na 'n uitkykpunt oor die bekende "Hel" of Gamkaskloof. Die area is gewild onder bergfietsryers wat die verskeie roetes in die omgewing kan verken. Gaste kan steeds alleen op eie risiko rondloop aangesien die wild slegs wildsbokke, sebras en wilde volstruis insluit. Ons gidse kan jou ook op 'n wandeling al langs die amptelike roetes neem. Vir addisionele geriewe is daar snuisterywinkeltjies met ingelegde produkte, plaaslike kuns en 'n inligtingsentrum.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bosch Luys Kloof Private Nature Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za