Boschoek Farm
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R36, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Boschoek Farm bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim vierslaapkamerhuis of 'n eenslaapkamer-woonstel wat op 'n 160 hektaar avokado- en makadamianeute-plaas geleë is. Die plaas is tussen Tzaneen en Modjadjiskloof van die R36 af aan die einde van 'n 2 km gruispad, in Limpopo.
Verblyf word in die Farm House, die Farm Flat en 'n kampeerplek aangebied. Die Farm House het 4 slaapkamer en is geskik vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers het of 'n stort of 'n bad en 'n toilet en wasbak. Verder is daar 'n sitkamer, kombuis, TV met sekere DStv-kanale en WiFi.
Die Farm Flat is 'n ruim eenheid met 'n groot slaapkamer wat 'n koninggrootte-bed het. Die en suite-badkamer het 'n stort en bad. Die woonstel se kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf en yskas toegerus, en daar is 'n sitarea. Die woonstel kan saam met die huis bespreek word vir 'n groot groep.
Die rustieke kampeerplek het 'n uitsig oor die dam en dit is skaduryk. Dis ideaal vir 6 gaste en daar os ablusiegeriewe met 'n toilet en 'n stort.
Gaste is welkom om die swembad te geniet, vis te vang in die dam, bergfiets te ry, pool te speel of om net te ontspan en die omgewing te geniet. Gaste is ook welkom om die werkende avokado- en makadamianeute-plaas te besoek. Daar is 'n verskeidenheid wild op die plaas. Seekoeie word gedurig in die dam gesien en die geroep van visarende word dikwels gehoor. As jy in die nag gaan ry, kan jy selfs 'n ystervark, streepjakkals, bosbok, duiker of 'n sivetkat sien. Verskillende nagapies woord ook soms raakgesien. Ons het ook nagdiere en 'n witstertmuishond kan ook op perseel gewaar word. Boschoek Farm is 1,5 ure se ry van die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek af geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R36, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Gaste dink Boschoek Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vallei van die Olifante Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R36, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom