Boskloof Swemgat

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Boskloof Swemgat is sowat 10 km vanaf Clanwilliam in die Boskloofvallei, 'n pragtige ongerepte area wat grens aan die Sederberg Wildernisarea. Die Jan Disselsrivier vloei deur die vallei en die plaas is vernoem na 'n gunstelingrotspoel wat 'n perfekte swemgat in die rivier vorm.

Dié selfsorgverblyf bied hartlike plaasstyl-gasvryheid. Die kothuis is aan die oewer van die rivier en bied 'n pragtige uitsig op die omliggende berge. Verblyf is beskikbaar in 4 grasdakkothuise, 2 sinkdak-kothuise en 1 opslaankothuis kombuise wat ten volle toegerus is, volledige badkamers, linne en badhanddoeke. Die meeste kothuise het 'n kaggel en elkeen het buitebraaigeriewe. Twee van die kothuisie het 'n privaat Jacuzzi. Die kothuise het gratis, onbeperkte WiFi. Die rustige omgewing is ideaal vir diegene wat 'n bietjie werk wil afhandel.

Hout en tuisgemaakte produkte is te koop by die kiosk. Gaste kan swem of visvang in die helder rivier, bergfietsry of voetslaan. Kinders kan die plaasdiere geniet en in die rivier speel. In die lentetyd is die hele landskap vol veldblomme. Boskloof Swemgat het 'n ryk voëllewe en sowat 1000 bome wat oor 11 hektaar versprei is.

Dit is die ideale bestemming vir gesinswegbreke, 'n romantiese naweek of om rus vir jou siel te kry. Daar is beperkte selfoonsein en internetontvang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boskloof Swemgat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R600 per nag (vir 2 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za