Bosnes
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 400 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Bosnes is 'n dubbelverdiepingkothuis tussen reuse-geelhoutbome in die hartjie van Nature's Valley op die Tuinroete. Dit is naby die die Grootrivier-strandmeer en -strand geleë.
Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers is bo in die solder geleë. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee slaapkamers het privaat balkonne en die gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer wat met 'n stort, toilet, wasbak, wasmasjien en tuimeldroër toegerus is.
Dele van die kothuis word via steil trappe bereik en is nie geskik vir jong kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, vrieskas, gasstoof, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele en die sitkamer het 'n rusbank en 'n platskerm-TV. Die privaat stoep het 'n buitebad en -stort, asook 'n pizza-oond. Gaste kry skaduparkeerplek vir 2 voertuie op die perseel.
Die kothuis deel dieselfde erf as ‘n groot drieverdiepinghuis, genaamd Ouma Joey’s, wat apart verhuur word. Goeie buurmanskap word altyd verwelkom.
Slaapplek
’n Bespreking by Bosnes sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Bosnes het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Nature's Valley Stormsrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom