Bosplasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bosplasie is ’n bekoorlike vakansiehuis in Onrus, ’n kusenklawe aan die suidkus van die Wes-Kaap. Onrus is net ’n paar minute se ry van Hermanus af en tussen berge, riviere, strandmere en die see geleë. Dis ook na aan die bekende Hemel-en-Aardevallei.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 volwassenes en 2 kinders. 3 van die kamers het dubbelbeddens en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ’n stapelbed in 1 van die kamers vir 2 kinders. Daar is 2 badkamers met ’n bad of stort.

Die kombuis is toegerus met ’n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en basiese kookgerei. Die sitkamer het gemaklike banke en ’n braai-area wat na ’n balkon lei. Daar is ook ’n buitebraai-area beskikbaar.

Onrus bied staproetes al langs die Onrus-strandmeer of langs die see. Ander doen-dinge sluit in swem, snorkel, haaihokduik, walviskyk en fietsry.

Slaapplek

'n Bespreking by Bosplasie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 2

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bosplasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za