Bougain Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bougain Villa is in die bekoorlike kusdorpie Lambertsbaai, teen die Weskus, geleë. Lambertsbaai is 60 km van Clanwilliam af en 2 en 'n half ure van Kaapstad af. Die eenheid bied gerieflike en kwaliteit-verblyf vir jou volgende vakansie.

Eenheid 1 is 'n selfsorgwoonstel net een straat van die strand af en beskik oor 2 slaapkamers en pragtige see-uitsigte. Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste en sluit 'n gesinsbadkamer met 'n aparte toilet, 'n sitkamer en 'n goed toegeruste kombuis in. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Indien dit nodig is kan ons slaapplek vir 2 ekstra gaste beskikbaar stel teen 'n ekstra tarief. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv-kanale.

Daar is braaigeriewe buite met 'n privaat sitplek-area en 'n beskutte patio wat skakel met die sitkamer. Daar is ook veilige parkeerplek vir jou voertuig op die perseel beskikbaar.

Eenheid 2 is 'n dubbelverdieping-woonstel met 1 slaapkamer en uitstekende see-uitsigte. Daar is 'n omheinde balkon en 'n patio met 'n Weber-braai. Daar is 'n prentjiemooi tuin en veilige parkeerplek. Die eenheid is geskik vir volwassenes en nie kinders nie.

Daar is 'n streng beleid teen geraas na 23:00 en gaste moet daarvan kennis neem voor hulle bespreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bougain Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za