Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boulders Guest House

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 9, Strydom, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Boulders Guest House is 'n lieflike selfsorg-woning op 'n kleinhoewe buite Fouriesburg. Die akkommodasie bied uitsigte oor plaasgrond en op die baken Hoenderkop-koppie en die Malutiberge.

Die oopplan-kothuis kyk na Lesotho se kant uit. Die sitarea en kombuis deel 'n oop sandsteenkaggel. Die kombuis is met breekware, eetgerei, potte en panne, 'n mikrogolf, oond, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea het 2 groot rusbanke en 2 rottangstoele met sitplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens, paneelverwarmer en elektriese komberse. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens, elektriese komberse en 'n paneelverwarmer. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Linne en handdoeke word voorsien. Hout word vir die kaggel voorsien en daar is nog hout te koop. Die groot stoep het 'n uitsig en 'n braaiplek. Daar is geen TV in hierdie eenheid nie.

Die Studio is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer. Dit het 'n koningingrootte-bed met 'n elektriese kombers en 'n dubbelslaapbank in die sitkarea(geskik vir kinders). Die eenheid word met paneelverwarmers verhit en het 'n oop sandsteenkaggel. Die kombuis is met 'n oondjie met twee stoofplate, 'n mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die stoep het 'n uitsig en 'n braai. Daar is geen TV in hierdie eenheid nie.

Die Patio is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer. Die eenheid is oopplan en het 'n leefarea, kombuisie en 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is met 'n oondjie met twee stoofplate, 'n mikrogolfoond, ketel en broodrooster toegerus. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die leefarea en kombuis deel 'n oop kaggel. Die eenheid het nie 'n TV nie. Die Malutiberge is sigbaar as gaste na die dam toe stap, nie van die eenheid af nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 59 resensies vir Boulders Guest House
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Nadine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Jaar gelys 11

Ligging

  • Erf 9, Strydom, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Boulders Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 9, Strydom, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11952f926ccbe60b5ce23cbdaeda7ed111e779e667a6c00a2e2b3fa817ffc962563545f9278c390477635eaa1f4100fbe1cd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 59 5 1 5 Plot 9 Strydom 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.629413199595 28.225132226944
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem