Bourne Free

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bourne Free is 'n knus kothuis in Bettysbaai met slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die kothuis is langs die groen belt aan die voet van die berg geleë en dit bied berg-, meer- en see-uitsigte. Die kothuis is minder as 2 km van die hoofstrand af en net 2 minute se ry van die naaste vulstasie, geriefswinkel en restaurante af geleë.

Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer bied 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en wasbak in die badkamer. Verder bied die sitkamer nog 'n enkelbed wat net geskik is vir 'n kind.

Die sitkamer het ook 'n kaggel en 'n TV met 40 Open View-kanale. In die kombuis is daar 'n ontbyttoonbank en dis toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n elektriese vierplaatstoof/oond, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, eetgerei, breekware en ander toebehore.

Gaste kan volle privaatheid geniet op die gesellige dek met 'n sambreel en draagbare ketelbraai. Agter die kothuis is daar ook 'n klipbraai met onbelemmerde uitsigte op die berg.

Daar is parkeerplek van die straat af reg langs die kothuis beskikbaar. Troeteldiere word nie toegelaat nie en rook is verbode in die kothuis.

Kleinmond, waar gaste al hulle inkopies kan doen, is minder as 15 km ver en Pringlebaai is net meer as 5 km van die kothuis af. Besienswaardighede in die Bettysbaai-omgewing sluit die Stony Point-pikkewynkolonie en die Harold Porter Botaniese Tuin in.

Slaapplek

'n Bespreking by Bourne Free sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bourne Free gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false