Bradclin House
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Margaretlaan 20, Pinelands, Kaapstad, 7405, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bradclin House bied selfsorgverblyf in Pinelands, 'n boomryke voorstad van Kaapstad.
The Feathers Cottage is 'n ruim suite met 2 slaapkamers,q elk met 'n dubbelbed, 'n platskerm-TV en 'n lessenaar. Beide kamers het deure wat lei na die sonkamer wat op sy beurt weer lei na die tuin. Die badkamer het 'n bad en 'n stort en aparte toilet. Die goed toegeruste kombuis het 'n tweeplaatstoof en oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, breekware en eetgerei. Daar is 'n verskeidenheid bordspeletjies en tydskrifte beskikbaar. Ander geriewe sluit paneelverwarmers, linne, handdoeke, 'n strykyster, strykplank, haardroër en kluis in.
The Captain's Cabin is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed en 'n aangrensende sitkamer met 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel, breekware en eetgerei. Die badkamer het 'n hoekbad en aparte stort. Daar is 'n privaat patio buite met 'n groot tafel met 4 stoele. Ander geriewe sluit in 'n TV met sekere DStv-kanale, linne, handdoeke, strykyster en -plank, haardroër en kluis. Hierdie suite het 'n privaat ingang, veilige parkeerplek en sy eie alarmstelsel.
The Pelican Post is 'n oulike, knus eenheid op die boonste vloer met 'n dubbelbed en gemaklike sitplek, 'n TV en ten volle toegeruste kombuisie. Die badkamer het 'n groot stort. Die eenheid bied 'n lieflike berg-uitsig, privaat ingang, eie alarmstelsel en absolute privaatheid. Dis nie geskik vir bejaardes nie a.g.v. die spiraaltrap en kinders word nie in hierdie eenheid toegelaat nie. Bradclin House is ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie.
Gaste kan gerus gebruik maak van die rustige tuin. Die skoonmaakdiens hang af van hoe lank gaste se verblyf is en die beskikbare dae sal voorsien word. Die skoonmaakdiens is nie oor naweke en op openbare vakansiedae beskikbaar nie.
Bradclin House is sentraal geleë vir wittebroodspaartjies, vakansiegangers of sakereisigers, want die verblyf is naby aan plaaslike besigheidsentra en top-besienswaardighede.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Margaretlaan 20, Pinelands, Kaapstad, 7405, Wes-Kaap
- Gaste dink Bradclin House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Pinelands Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Margaretlaan 20, Pinelands, Kaapstad, 7405, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom