Branderdraai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Branderdraai is die ideale onthaal-vakansiehuis en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n plaasstyl huis in Sandbaai, 7,5 km vanaf Hermanus. Branderdraai is 13 minute vanaf Hermanus en 5 minute se stap na die naaste strand.

Dié vakansiehuis is ideaal vir families of groepe vriende wat op soek is na 'n lekker wegbreek en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 2 sitkamers, 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis en 'n vermaakarea buite.

Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 2 stapelbeddens en 'n ekstra enkelbed.

Die formele sitkamer het 'n kaggel en die tweede sitkamer het 'n ingeboude braai-area, pooltafel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die eetkamer het 'n eetkamertafel met sitplek vir 12 mense en daar is ook 'n beskutte patio met 'n gasbraai, sondek en swembad wat gaste kan benut.

Gaste het toegang tot 'n kort paadjie na die strand en veilige parkeerplek vir 4 voertuie agter afstandbeheerde hekke. Die huis het 'n alarmstelsel, elektriese omheining, 24 uur-gewapende reaksie en WiFi is beskikbaar op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Branderdraai sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 5 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Stapelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Branderdraai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 490 per nag (plek vir 13)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false