Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Branksome Country House

Gastehuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 4

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir Branksome Country House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5
Jacques D - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques D
Saam met vriende

Pragtig, vriendelike rusplek.

Baie goeie sout van die aarde mense! Hulle gaan uit hul pad uit om jou op jou gemak te laat voel. Die kos wat vir ons gemaak is was besonders lekker!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anton T - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anton T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons is vriendelik ontvang, alles was skoon en netjies en die geriewe is baie goed.

Vyfster. Sal dit vir enigeen aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Martin B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Martin B
Saam met vriende

Vriendelike ontvangs, alles wat benodig was, was beskikbaar. Heerlik gekuier!

Vriendelike ontvangs, alles wat benodig was, was beskikbaar. Heerlike gekuier! Natuurskoon en heerlike vars lug.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Branksome Country House se terugvoer

Ons is baie dankbaar vir die positiewe terugvoer en dat julle lekker by ons gekuier het. Hoop om julle binnekort weer te sien.

Branksome Country House
Erna P - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erna P
Saam met vriende

Slaap in Melkstal.

Dis 'n pragtige slaapplek - die melkstal is omskep in 5 ruim slaapkamers wat baie stylvol gemeubileer is met 'n lekker groot stort. Elke kamer het 'n stoep met 'n buite-tafel en -stoele. Daar is 'n gesamentlike kuierarea wat bestaan uit 'n sitkamer, eetkamer en kombuis, met 'n lekker kaggel met hout vir die koue aande. Voertuie word onder 'n afdak geparkeer. Ons het 2 nagte hier geslaap en dit baie geniet. Kan dit definitief aanbeveel as 'n heerlike slaapplek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ronell V - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronell V
Gesin met tieners

Mooiste plek in die mooiste omgewing.

Die gastehuis is uit die boonste rakke. Ons was gelukkig om alleen te wees, en kon dus die kombuis- en sitarea vir ons eie gebruik hê. Dit het dit vir ons perfek gemaak. Ons sou wel nie van die opset gehou het as ons met ander gaste moes deel nie. Dit is dus die perfekte plek vir familie-saamkuiers of vriende-saamkuiers. Ongelooflike omgewing en mens kan maar lank bly!

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Branksome Country House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Waardeer dit baie. Ons hoop om u en familie hopelik met jou vriende weer te sien.

Branksome Country House
Barend S - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Barend S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onwelkom.

Ek is soontoe om te gaan visvang, my visstokke mag ek nie gebruik het nie en hulle het laat weet hulle kan plan maak met 'n ander stok, geen plan is gemaak nie, dam was vol gras en spruit was heeltemal te laag. Ek het die idee gekry dat daar eintlik weens droogte nie vis is nie. As die visvang swak is dan moet hulle dit op die website afhaal. Ons het later so ongemaklik gevoel dat ons 'n dag vroeër vertrek het en op 'n ander plek gaan bly het. Die gasvrou in beheer was nie eers daar nie, glo op 'n staproete uit vir die naweek. Afrikaans is ook 'n probleem daar.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Branksome Country House se terugvoer

Dankie vir die terugvoer oor u onlangse verblyf by ons. Ek is baie spyt om te verneem dat dit nie aan u verwagtinge voldoen het nie.

Branksome is langs die Sterkspruitrivier geleë, ‘n wêreldklas vlieghengel-bestemming bekend vir sy wildeforel. Alhoewel hengelaars al in die verlede rekordgrootte forelle in ons damme gevang het, is die hoofdoel van die damme van die Oos-Kaapse Hooglande om te dien as ‘n waterleidingstelsel en ons kan nie altyd waarborg dat hengelaars sal kan visvang nie. Ons was daarom baie dankbaar vir die reën en stormagtige weer wat geheers het tydens u verblyf, maar dit het ongelukkig ook beteken dat die waters nie vir hengel geskik was nie.

As lede van die Wildeforel-vereniging, is ons daarby ook verplig om die volhoubaarheid van ons kosbare natuurlike hulpbronne te help en moet ons verseker dat ons gaste van die toepaslike vliëe en hengelgerei gebruik wat vir die plaaslike riviere, damme, en forelle geskik is. Die visstokke wat u by u gehad het was vir baarsvis-hengel geskik, maar ongelukkig nie vir die hengel van forel nie. Soos u self ook aan ons genoem het, is ‘n visstok ‘n persoonlike besitting en was dit moeilik om by iemand anders een vir u te lene te kry.

Dit is jammer dat ek u vertrek met net ‘n paar minute gemis het, aangesien ek graag die aangeleentheid in persoon met u sou wou bespreek het. Ek was nie vir die naweek uit op ‘n staproete nie, maar het slegs vir ‘n kort rukkie in ons pragtige berge gaan stap. Ek wens u voorspoed met u toekomstige visvang-ekspedisies.

Branksome Country House
Vanaf
R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R393, Elliot-weg, Barkly-Oos, 9786, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f588a2527edec038b56b5d9e8692bc60f96971428396d49c01fabda183a4192dc450c3360e2a709b9b87461a6ee8141d953?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 R393 Elliot Road 9786 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -30.931666666667 27.794416666667
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem