LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bread House B&B | LekkeSlaap
+10

Bread House B&B

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 4 resensies vir Bread House B&B
Netheid
4.3/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5
Eugene D - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eugene D
Gesin met klein kinders

Puik. My huis weg van my eie huis.

Sien sterre.

Dries S - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Dries S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Kamer klein vir 2 persone, TV-kanaal sneeu, geen yskasgeriewe.

Persoonlik is dit nie die plek vir my nie, ander persone mag dit geskik vind, maar het nie aan my behoeftes voldoen nie, het adverteer dat ontbyt beskikbaar was op aanvraag, maar dit was nie beskikbaar nie.

Bread House B&B's terugvoer

Beste J.A.,

Ek is jammer om van u klagtes te verneem. Gun my die geleentheid om terugvoer te verskaf.

1. Die bespreking is gedoen vir 1 volwassene. Toe met u persoonlike e-pos versoek u of u u vrou kan saambring gevolg deur 'n versoek of u u hondjie ook kan saambring.

Die aankomstyd wat u vir my per e-pos laat weet het was 17:00 op Maandag. U vrou en die hondjie het gedurende die oggend, tussen 9:00 - 10:00, arriveer.

Die kamerplasings was dat u Kamer 1, die familie eenheid, sou kry wat bestaan uit 2 slaapkamers, 2 en-suite storte en 'n mini-kitchenette. U vrou het blykbaar gesê dat dit onvoldoende vir die hondjie is. Daarom het die huishoudster u geplaas in 'n kleiner dubbelkamer met 'n grasperk voor die kamer ter will van die hond. My seun het selfs 'n ander groot kamer met 'n koningsgrootte-bed aangebied, maar dit was ook nie voldoende nie.

2. Wat die TV aanbetref: U het 2 dae gebly maar het nie 'n fout met die TV aangemeld nie. Behalwe vir een kamer was die gastehuis vol en geen ander gas het dit onder die bestuur se aandag gebring nie.

3. Wat die waarde vir geld aanbetref: U noem nie dat ek vir u afslag gegee het en selfs 2 fakture op u versoek verskaf het wat u kon inhandig nie.

4. Wat diens aan gaste betref: Uit bogenoemde kan u aflei dat die bestuur u probeer tegemoet kom het. Ek het met die betrokke skoonmaker in gesprek getree en volgens haar het u vrou gesê sy moet nie die kamer diens nie, slegs die mat borsel waar hondebeskuitjiekrummels was. Sy het waargeneem dat die wit duvetoortreksel vol modderpootkolle van die hondjie was.

5. Ligging: Die fabriek wat u besoek het, dui dat Bohlokong en Morelig die naaste geleë is. Dit is in die industriële area.

6. Sekuriteit: Daar is diefwering en elektroniese hekke. Die bestuur is 24 uur op die perseel.

7. Ontbyt: Dit is op versoek beskikbaar, maar u is ingelig dat dit nie daardie oggend die geval sou wees nie.

Ek is nogmaals jammer dat die verblyf nie aan u behoeftes voldoen het nie. Ek sal dit verder opneem met LekkeSlaap.

Bread House B&B
Marcus S - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marcus S
Gesin met tieners

Kamers was baie netjies en skoon.

Kamers was baie netjies en skoon. Net jammer ons kon nie die swembad gebruik nie omdat dit baie vuil was.

Adriaan K - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Adriaan K
Besigheidsreis

Was vriendelik ontvang, kamer was netjies en baie stil omgewing.

Die gastehuis is in 'n heerlike, stil omgewing aan die kant van die woongebied van Bethlehem wat goeie nagrus waarborg. Het bespreek vir King Size, was ingelig dit is nie beskikbaar nie, maar wel dubbelbed was aangebied, maar by aankoms kry ek twin room. Dalk nodig om te meld dat daar geen ekstras soos seep of sjampoe in badkamers is nie. Ontbyt was groot genoeg en goed aangebied.

Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Vorster-straat 14, Panorama, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZjNDBhNjJlLWZkNmUtNGFhYS1hMWJlLWExYmM3NmZiNmU3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 4 14 President Vorster Street Panorama 9700 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.229560263727 28.336354682209
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!